KWAZULU-NATAL. – Twee 11-jariges het Donderdag ‘n man wat in die see by Bazleystrand in die moeilikheid was uit die water gehaal.
IPSS Medical Rescue sê die seuns het die man wat amper verdrink het uit die water getrek en hulp ontbied.
Die man is gestabiliseer, waarna hy vir verdere mediese versorging na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem is.





