13-jarige kry baba, die pa bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Ditebogo Frans Gololo (28) het vandag (Maandag) op aanklagte van statutêre verkragting en seksuele voorbereiding van ‘n minderjarige in die Seshego-landdroshof voorgekom. Gololo bly in aanhouding.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is vir verdere ondersoek en borgaansoek tot 8 Januarie 2025 uitgestel. Die dossier sal ook vir opdrag aan die direkteur vir openbare vervolging gestuur word.

Gololo is gearresteer nadat ‘n 13-jarige op Kersdag in Seshego geboorte gegee het.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief