KWAZULU-NATAL. – ’n 14-jarige seun is Sondag dood in ’n ongeluk op die M25 in KwaMashu, nadat die voertuig waarin hy was, omgeslaan het. Die seun se pa was glo in die voertuig as passasier en was na bewering onder die invloed van alkohol, wat daartoe gelei het dat die minderjarige bestuur het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing beamptes is na die toneel ontbied, nadat talle noodoproepe oor ’n ernstige botsing ontvang is. Met aankoms op die toneel is ‘n blou Toyota Corolla Quest gevind wat verskeie kere gerol het. Daar word beweer die seun was agter die stuur toe nie en het beheer oor die voertuig verloor. Die motor het van die pad af beweeg en gerol voordat dit in die teenoorgestelde baan tot stilstand gekom het. Paramedici het vasgestel dat die seun uit die voertuig geslinger is en noodlottig beseer is. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die pa is daarna aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.





