WES-KAAP. – Die 14-jarige seun wat in hegtenis geneem is in verband met die dood van die 10-jarige Octavia Swarts, is vrygelaat nadat die saak nie op die hofrol geplaas is nie.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het aan Nuusflits bevestig dat die saak nie op die hofrol geplaas is nie weens instruksies van die nasionale vervolgingsgesag. Volgens Twigg is die seun, in die belang van geregtigheid, in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Octavia se liggaam is Maandagoggend 14 September in ’n dam by Tomatieplaas op die Joostenbergvlakte gevind. Sy was ’n gr. 4-leerling aan die Primêre Skool Joostenberg. Die 14-jarige is aanvanklik op ’n aanklag van moord in hegtenis geneem. Die omstandighede van Octavia se dood word steeds ondersoek.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: