Pakistanse militante waarsku hulle gaan gyselaars doodmaak

Lees ook :

Pakistanse militante waarsku hulle gaan gyselaars doodmaak fotokrediet: X

PAKISTAN. – Die Balochistan Liberation Army het gesê as die Pakistanse veiligheidsmagte nie ophou om hulle aan te val nie, gaan hulle gyselaars begin doodmaak.

Lees ook: Pakistanse militante kaap trein vol passasiers

Die groep het gesê 10 gyselaars sal doodgemaak word as die veiligheidsmagte aanhou om hulle aan te val om die gyselaars te probeer bevry. Die groep het ook gesê as die weermag betrokke raak, sal al die gyselaars doodgemaak word.

Dit volg na die militante groep gister ’n trein, die Jaffar Express, met sowat 450 mense in ‘n tonnel gekaap het en geëis het politieke gevangenes en mense wat glo deur die weermag ontvoer is, moet binne 48 uur vrygelaat word. Bomplanters met “selfdood-baadjies” sit glo langs van die passasiers op die trein.

Sowat 155 gyselaars is gisteraand gered en omtrent 27 militante is in die proses dood. Die veiligheidsmagte het die trein omsingel en gebruik onder andere hommeltuie om die militante aan te val.

Bronne: Times of India, The Mirror, The Economic Times

Lees ook: Pakistanse militante kaap trein vol passasiers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief