2-jarige glo verkoop, ma in hof

Lees ook :

GAUTENG. – ‘n Vrou (32) het Maandag op aanklagte van onder meer mensehandel in Vanderbijlpark-landdroshof verskyn. Sy het glo op 10 November haar seun (2) aan ongeïdentifiseerde persone verkoop.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die vrou staan ook tereg op aanklagte van sameswering om ‘n roof te pleeg en regsverydeling vir ‘n vals verklaring wat sy aan die polisie gemaak het. Die vrou het glo op 13 November valslik beweer haar seun is deur mans in ‘n voertuig ontvoer.

Tydens ondersoek is die onwaarhede ontbloot en die vrou het later erken sy het die misdaad gefabriseer. Sy is op 19 November in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.

Mahanjana sê daar word steeds deur die polisie na die kleuterseun gesoek.

Enigiemand wat weet waar Kutloano Shalaba hom bevind, kan kapt. Mokgoto by 082 778 7937 of sers. Thembeka Maxambela by 079 695 1338 bel.

Die saak is vir ‘n moontlike borgaansoek, wat deur die staat teengestaan sal word, tot 29 November uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief