2 verdagtes dood ná skietery met polisie in Sebokeng

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Twee vermeende rowers is doodgeskiet nadat ’n skietery met polisie Maandagmiddag, in Sebokeng uitgebreek het. Die verdagtes is op die toneel waar hulle glo ‘n gesteelde voertuig gerol het, dood verklaar.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê lede van die Gautengse taktiese reaksiespan was besig met patrollies in die omgewing van Houtkopweg toe hulle ’n verdagte voertuig met vals nommerplate opgemerk het. Toe beamptes probeer om die voertuig te stop, het dit glo weggejaag en skote is op die polisie geskiet. ‘n Jaagtog en oor-en-weer skietery het gevolg.

Die verdagte voertuig het tydens die jaagtog omgeslaan, waarna een van die verdagtes weggehardloop het, maar ’n ent verder inmekaargesak het. Paramedici het albei verdagtes dood verklaar. Die polisie het ’n onwettige vuurwapen en plofstof in die voertuig gevind. Verdere ondersoeke het ook bevestig dat die voertuig as gesteel aangemeld is in ’n saak wat in Januarie in Carletonville aangemeld is.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief