EVEREST. – Sowat 200 bergklimmers is op berg Everest vasgekeer nadat ‘n sneeustorm Vrydagaand in die gebied begin het.
Lees ook: Donderstormwaarskuwing vir vandag uitgereik
Reddingswerkers is op pad om die om die sneeu weg te skraap en die 200 persone wat steeds op ‘n hoogte van meer as 4 900 meter vasgekeer is, na veiligheid te bring.
Altesaam 350 klimmers is die naweek deur reddingswerkers na veiligheid gelei.
Die skielike slegte weer het Nepal ook getref waar swaar reën en oorstromings 47 mense se dood sedert Vrydag veroorsaak het.
Bronne: BBC, The Independent, Metro