24 Nigeriese skoolmeisies vrygelaat

Lees ook :

24 Nigeriese skoolmeisies vrygelaat fotokrediet: Canva

NIGERIЁ. – 24 Nigeriese meisies wat verlede week by hulle skool in Kebbi ontvoer is, is vrygelaat.

Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië

Gewapende verdagtes het op 17 November die Government Girls Comprehensice Senior Secondary School bestorm en 25 meisies uit die koshuis ontvoer. Een onderwyser wat die meisies wou beskerm, is doodgeskiet en een is gewond. Een van die leerlinge kon kort ná die ontvoering daarin slaag om te ontsnap.

Bola Tinubu, die Nigeriese president, het die veiligheidsmag vir hulle “vinnige reaksie” op die voorval geprys. Die omstandighede van die meisies se vrylating is nog onbekend.

Die leerlinge en personeellede wat Vrydag ontvoer is, word stees gesoek. 50 van hulle kon ontsnap, maar sowat 265 persone word steeds vermis.

Bronne: BBC, ECR, FirstPost

Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief