3 verdagtes vasgetrek ná moord op Karin van Aardt

Lees ook :

Foto: Karin van Aardt Facebook

WES-KAAP. – Drie verdagtes sal van verwagting vandag in die Bishop-Lavis-landdroshof voorkom nadat ‘n deurbraak in die polisie-ondersoek na die dood van Karin van Aardt (64) gemaak is met die inhegteninisneming van die verdagtes.

Kol. André Traut het aan Nuusflits bevestig dat die verdagte wat aanvanklik in hegtenis geneem is, nie Maandag in die hof verskyn het nie. Hy sê verdere besonderhede sal bekend gemaak word namate die ondersoek vorder.

Van Aardt is Vrydag laatmiddag doodgesteek kort nadat sy en haar man, Herman, vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe in ’n huurmotor vertrek het. Volgens sers. Wesley Twigg het die egpaar by die kruising van Jakkalsvlei- en Jakes Gerwel-rylaan in Bonteheuwel in verkeer gestaan toe ’n verdagte die passasiersvenster gebreek het, haar met ’n skerp voorwerp gesteek en probeer het om haar handsak te gryp. Sy is na ’n hospitaal geneem, maar is later oorlede.

Die Goodwood-polisie ondersoek die moordsaak. Die Stad Kaapstad het ’n beloning van R20 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes kan lei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief