3 vermeende verdagtes deur gemeenskap verbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Drie mans is doodgebrand toe inwoners in Dyakalashestraat in Motherwell glo op Vryheidsdag die reg in eie hande geneem het. Die slagoffers is vermoedelik geteiken omdat hulle van inbraak en diefstal by ‘n plaaslike skool beskuldig was.

Polisiewoordvoerder, brig. Nobuntu Gantana, sê Motherwell-polisiebeamptes het met aankoms in die betrokke straat op die gebrande liggame van die drie mans afgekom. Die drie het glo ‘n skaal gevandaliseer en eiendom gesteel. Tydens die polisie-ondersoek is van die vermoedelik gesteelde goedere by ‘n huis naby die moordtoneel gekry, waarna die polisie daarop beslag gelê het.

Gantana het benadruk dat dit onwettig is vir gemeenskappe om die reg in eie hande te neem en het inwoners gemaan om misdaad eerder by die owerhede aan te meld.

Drie moordsake word ondersoek. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om lt.kol. Sithole by 082 457 2812 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief