
KWAZULU-NATAL. – 30 skoolkinders, tussen die ouderdom van agt en 10 jaar oud, is Vrydagoggend lig beseer nadat die taxi wat hulle vervoer het, in Edendaleweg beheer verloor en gerol het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die diens is na die toneel waar die ongeluk gebeur het.
“Nooddienste het op die toneel opgedaag en ‘n spoor van gebreekte glas en verskrikte kinders aangetref.”
Sowat 30 kinders het geringe beserings opgedoen.
“Paramedici het onvermoeid gewerk om die beseerde kinders te kalmeer en te behandel, waarna hulle vir verdere behandeling na verskeie hospitale vervoer is.”





