Woensdag 4 November 2026 is amptelik as ’n openbare vakansiedag regoor Suid-Afrika verklaar, met die oog op die plaaslike regeringsverkiesings wat dié dag plaasvind.
Die proklamasie is op 8 September 2026 in die Staatskoerant gepubliseer en is ingevolge Artikel 2A van die Wet op Openbare Vakansiedae van 1994 uitgereik. President Cyril Ramaphosa het die proklamasie op 4 September in Johannesburg onderteken.
Die openbare vakansiedag gee kiesers landwyd die geleentheid om hul stemme uit te bring wanneer Suid-Afrikaners nuwe raadslede vir munisipaliteite regoor die land verkies.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: