44 onwettige immigrante in Sandton-huis aangetref

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Altesaam 44 onwettige immigrante van Ethiopië wat in ‘n huis in Parkmore, in Sandton opgesluit aangetref is, is na die plaaslike polisiekantoor geneem om deur die departement van binnelandse sake se prosessering te gaan.

Kol. Mavela Masondo sê ’n ondersoek is aan die gang om vas te stel hoe die immigrante die land binnegekom en in ‘n huis toegesluit is. Veiligheidsbeamptes was besig met roetine-patrollies toe ‘n klagte oor ‘n geskree en ‘n geraas by ‘n huis ontvang is. Die polisie is na die toneel ontbied waar die mans, tussen15 en 22 jaar oud, in agterkamers van die hoofhuis toegesluit was, 17 in een kamer en 27 in nog ‘n kamer. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat al die mans Ethiopiese burgers is, wat onwettig in die land is. Daar word beweer dat hulle teen hul sin in die huis aangehou is.

Die moontlikheid dat hierdie individue na Suid-Afrika gesmokkel is, kan nie uitgesluit word nie en vorm deel van die ondersoek.

Een van die aangehoudenes (22) kon in gebroke Engels kommunikeer en het gesê hulle is glo van Ethiopië na Suid-Afrika vervoer en na die huis geneem. Mensehandel, waarvoor ‘n kontantbedrag vir die vrylating van ‘n persoon geëis word, word vermoed. Die mans was uitgehonger en is glo nie aan sonlig blootgestel nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief