MPUMALANGA. – Vyf mense is Donderdagaand omstreeks 19:30 dood in ’n ongeluk tussen ‘n vragmotor met ‘n sleepwa en ‘n sedan op die R23-pad tussen Balfour en Greylingstad. Die oorledenes was almal insittendes van die sedan.
Luidens ‘n verklaring van Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, was nooddienste en ander rolspelers op die toneel. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die ongeluk as te stel.
Motoriste word aangemoedig om versigtig te wees, die padreëls na te kom en rusperiodes te neem wanneer lang afstande afgelê word.





