91-jarige vrou glo verkrag, verdagte vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Bejaarde vrou (91) is glo Saterdagaand in Driekoppies, naby Schoemansdal, tuis in haar slaapkamer verkrag. Schoemansdal-polisie het Sondag ‘n verdagte in hegtenis geneem.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê volgens inligting het die slagoffer saam met haar dogter televisie gekyk. Omstreeks 21:00 het haar dogter gesorg dat die huis behoorlik gesluit is voordat sy kerk toe is. Die slagoffer het glo om 22:00 op haar bed gesit en medisyne drink toe ‘n man met ‘n mes haar kamer betree het. Ndubane bevestig die slagoffer het die verdagte as die bure se seun herken en met hom probeer praat. Hy het haar glo met die mes gedreig om stil te bly, waarna hy haar op die bed vasgedruk en verkrag het. Die verdagte het deur ‘n venster gevlug. Toe die dogter terugkeer, het die slagoffer vir haar vertel wat gebeur het. Die vrou is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Die dogter het gesien die venster in die sitkamer is oopgedwing waardeur die verdagte toegang verkry het.

‘n Verkragtingsaak word deur die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele misdrywe (GKS) ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief