99-jarige vrou glo verkrag, verdagte gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n 99-jarige vrou is na bewering Dinsdag, omstreeks 01:20, op Lusikisiki verkrag. Die plaaslike polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van ’n onbekende man sal lei.

Volgens kapt. Welile Matyolo het die bejaarde vrou alleen in haar huis geslaap toe ’n onbekende man deur ’n oop deur toegang tot die woning verkry het. Hy het na bewering ’n helder lig in haar oë geskyn en haar daarna verkrag, voordat hy die toneel verlaat het.

Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom en kol. Siyabulela Kufa by 082 302 5118 of 083 427 9656 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. The DIRECTORATE ENFORCING OLDER PERSONS RIGHTS condemn this act and demand that the SAPOLice will recognise this as a priority crime and keep in mind that this is the INTERNATIONAL ELDER ABUSE AWARENESS Month and realize the older persons has rights which must be protected by Government and the authorities

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief