Bestuurders ernstig beseer in motorongeluk

Lees ook :

’n Wit Ford Figo en swart Toyota Auris het omstreeks 12:55 gebots, sowat 5 km voor die afdraai na Windsorton.

Die jaarlikse Windsorton-motorfietswedren vind vandag plaas. Na bewering wou die bestuurder van die Ford ’n wielpomp na ’n baanbeampte wie se band pap was, neem, en wou by ’n hek indraai. Die Toyota was op spoed en wou die Ford verbysteek toe hy die Ford se kant tref. Die Toyota het omgekeer en gerol.

’n Anonieme leser het bevestig die bestuurders is ernstig beseer tydens die ongeluk en hulle is per ambulans hospitaal toe vervoer. Dit is nog onduidelik wie die bestuurders van die motors was.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief