Lees ook: Markus Jooste sê hy was onbewus van rekeningkundige onreëlmatighede
Markus Jooste moet R20 miljoen opdok na hy sy appèl om die boete vir binnehandel te verminder, verloor het.
Dit volg na die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor die boete in Desember verlaag het van R162 miljoen na R20 miljoen. Jooste se regspan het aangevoer dat hy werkloos is en die boete nog verlaag moet word, maar die Finansiëledienstetribunaal het bevind hy moet die boete van R20 miljoen betaal. Hy sal ook die rente op die R20 miljoen moet betaal.
Hulle het gesê Jooste se aksies was “doelbewus en voorbedag”.
Bronne: IOL, Newtwerk24, News24, My African Times
Lees ook: Markus Jooste sê hy was onbewus van rekeningkundige onreëlmatighede





