NOORDWES. – ‘n Vrou (38) is Sondag deur Potchefstroom-GKS vir die “verkragting” van ‘n tienermeisie (15) op Oudedorp buite Potchefstroom in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda Funani sê die verdagte is in hegtenis geneem nadat sy na bewering ‘n bottel in die meisie se geslagsdele opgedruk het.
Die verdagte en slagoffer het glo ‘n konfrontasie oor alkohol gehad. Dit het tot die beweerde misdaad gelei, waarna die verdagte in hegtenis geneem is. Die beseerde slagoffer is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.
Funani sê die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Potchefstroom-landdroshof, verskyn.
“The Provincial Commissioner of North West, Lieutenant General Sello Kwena, was shocked by the incident and instructed the FCS to oppose bail and ensure that justice is served.”
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





