Insleepdienswerker val van brug toe voertuig hom tref

Lees ook :

Foto: CERT SA

GAUTENG. – ‘n Werknemer van ‘n Insleepdiens is Kersaand op ‘n ongelukstoneel op die N1-brug in Centurion deur ‘n voertuig getref en oor die reling van die brug gegooi.

CERT sê paramedici is na ‘n voetgangerongeluk op die R21 onder die brug. Die man het van ‘n hoogte van ongeveer 13 meter na die onderkant van die brug geval en was ernstig beseer.

Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy met ‘n Netcare 911-lugambulans na ‘n vlak 1-traumafasiliteit gevlieg is.

Bron: Community Emergency Response Team

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief