Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente
Ghislaine Maxwell, Jeffrey Epstein se voormalige meisie en veroordeelde sekshandelaar, het ’n memoir geskryf waarin sy alles vertel.
Maxwell het die memoir in die tronk geskryf om glo “disinformasie” oor haar bande met Epstein op te klaar. Die Daily Mail het ook gesê sy wil die “waarheid” laat uitkom.
’n Bron by die Daily Mail het gesê Maxwell glo sy het niks verkeerd gedoen nie en die boek sal veroorsaak dat sy vrygelaat word.
Maxwell se memoir is glo klaar geskryf, maar sy wag vir die “regte tyd” om dit vry te stel.
Bronne: Sky News, Metro, The Sun
Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente





