Werksgeleentheid: Krediteure klerk by Wildeklawer

Lees ook :

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark.  Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef. 

Wildeklawer het ‘n vakature pos beskikbaar as krediteure klerk.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor die volgende kwalifikasies en vaardighede:

  • Ervaring in algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste.
  • ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie of ‘n senior sertifikaat met ‘n agtergrond in rekeningkunde en rekenaargeletterdheid, sowel as ervaring met krediteure.
  • Vaardigheid in Excel en Navision word sterk aanbeveel.
  • Die vermoë om volle verantwoordelikheid te neem vir die akkurate boekhouding en verwerking van inligting rakende transaksies van die afdeling, insluitend aankoopbestellings, aankoopfakture, en intergroeptransaksies.
  • Die hantering van sperdatums vir die indiening van verslae aan relevante bestuurders is ‘n belangrike vereiste.
  • Voortdurende verslagdoening aan bestuur.
  • Ten minste ‘n Graad 12 met rekeningkunde as vak, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as ‘n sterk aanbeveling dien.
  • Ten minste 3 jaar toepaslike ondervinding.
  • ‘n Emosioneel volwasse persoon wat goed kan funksioneer onder druk.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoe om in ‘n administratiewe span te werk.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gebaseer op kwalifikasies en ondervinding, met aantreklike byvoordele.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: [email protected]

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

ADVERTENSIE

Wil jy jou werksgeleentheid by Nuusflits adverteer? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir ‘n kwotasie.

Lees ook: Voorkom só dat jou kind met buitemuurse aktiwiteite oorlaai word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief