Werksgeleentheid: Senior krediteure klerk by Wildeklawer

Lees ook :

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone
met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef.

Wildeklawer het ‘n vakature beskikbaar as senior krediteure klerk.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende vaardighede en kwalifikasies:

  • Ervaring in algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste.
  • ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie of senior sertifikaat met ‘n agtergrond in rekeningkunde, sowel as rekenaargeletterdheid en ervaring met krediteure.
  • Verpligte vaardigheid in Excel en Navision.
  • Vermoë om volle verantwoordelikheid te neem vir die akkurate boekhouding en verwerking van inligting betreffende transaksies van die afdeling, insluitend aankoopbestellings, aankoopfakture, en intergroeptransaksies.
  • Onderhoud van sperdatums vir die indiening van verslae aan relevante bestuurders.
  • Gereelde verslagdoening aan bestuur.
  • Ten minste ‘n Graad 12 met rekeningkunde as vak, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie word sterk aanbeveel.
  • Ten minste 6 jaar toepaslike ondervinding.
  • ‘n Emosioneel volwasse individu wat effektief kan funksioneer onder druk.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoë om in ‘n administratiewe span te werk.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket gebaseer op kwalifikasies en ondervinding, met aantreklike byvoordele.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: [email protected]

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

*ADVERTENSIE

Wil jy jou werksgeleentheid by Nuusflits adverteer? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir ‘n kwotasie.

Lees ook: Beskerm jou oë teen die Noord-Kaapse son met ‘n sonbril van Spec-Savers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief