Werksgeleentheid: Verpakkingsmateriaal hoof by Wildeklawer

Lees ook :

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels en beet volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley, met vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier, onder spilpuntbesproeiing.

Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan eerlike, dinamiese en hardwerkende persone
met inisiatief en dryfkrag om in te pas by die reeds uitgesoekte bestuurspan wat die leuse “Kwaliteit is ons prioriteit” uitleef.

Wildeklawer het ‘n vakature beskikbaar by die pakhuis vir die pos van hoof van verpakkingsmateriaal.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende vaardighede en kwalifikasies:

Verantwoordelikhede:

  • Beheer van alle verpakkingsmateriaal in die pakhuis.
  • Bestuur van prosesse en prosedures vir ontvangs en uitreiking van voorraad.
  • Akkurate en tydige verslagdoening oor voorraad.
  • Operasionele bestuur van afdeling en hantering van strategiese aspekte.
  • Vestiging en onderhoud van sterk verhoudings met verskaffers.
  • Kostebestuur.
  • Personeelbestuur.

Vereistes:

  • Graad in rekeningkunde.
  • Goeie rekenaarvaardighede, insluitend gevorderde Excel.
  • Vaardigheid in Afrikaans en Engels (skryf, lees, en praat).
  • Goeie interpersoonlike vaardighede.
  • Konflikhantering en onderhandelingsvaardighede.
  • Vermoë om operasioneel op te tree.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024.

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

ADVERTENSIE

Wil jy jou werksgeleentheid by Nuusflits adverteer? Stuur ‘n e-pos aan nuus@nuusflits.com vir ‘n kwotasie.

Lees ook: Beskerm jou oë teen die Noord-Kaapse son met ‘n sonbril van Spec-Savers

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief