Lees ook: ANC beweer vergaderingsnotules van relevante tydperk is weg
PRETORIA. – Die DA het bevestig die ANC het die kaderontplooiingsrekords gister oorhandig soos deur die Konstitusionele hof beveel is.
Mahlengi Bhengu-Motsiri, die ANC-woordvoerder, het gesê hulle het die rekords aan die DA oorhandig teen die spertyd van 17:00.
Die DA het gesê hulle bestudeer die rekords en maak seker hulle het alle dokumente vanaf 1 Januarie 2013 ontvang. Hulle is van voorneme om regsaksie teen die ANC-leiers te neem as enige inligting uitgewis of gemanipuleer is.
Die DA het gesê hulle gaan die rekords openbaar maak wanneer hulle klaar daardeur gegaan het.
Hulle is deur die ANC gewaarsku om nie die Popi-wet te oortree nie.
Bronne: IOL, The Citizen, ECR
Lees ook: ANC beweer vergaderingsnotules van relevante tydperk is weg





