Dricus kry sy unieke wen-belt

Lees ook :

Dricus het uiteindelik sy wen-belt gekry. Foto: Facebook

SUID-AFRIKA. – Die nuwe UFC middelgewig-wêreldkampioen in gemengde gevegskuns, Dricus “Stillnocks” du Plessis het uiteindelik sy wen-belt gekry. Hy het die Amerikaner Sean Strickland op 20 Januarie 2024 in Toronto onttroon.

In sy sosialemediaplasing op Facebook vertel Du Plessis van die belofte wat hy nagekom het: om die Suid-Afrikaanse landsvlag op die wen-belt te laat aanbring.

Aanhangers het hom geprys omdat hy “’n man van sy woord” is en sy belofte nagekom het. Een aanhanger het opgemerk Dricus het meer as net die titel behaal: “Hy het heel moontlik soveel drome vir jongelinge geskep.”

Die landsvlag op die belt is nie ’n presiese weergawe van die Suid-Afrikaanse landsvlag nie, maar het dieselfde kleure. Die strepe is egter vertikaal. Heelparty aanhangers wou weet of dit aspris so aangebring is, en of dit moontlik ‘n fout is.

Nuusflits het vroeër oor Dricus se oorwinning berig.

Du Plessis se Facebook-plasing:

Bron: Dricus Stillnocks du Plessis Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief