Polisie soek na vermiste paar se liggame na beweerde moorde

Lees ook :

Polisie soek na vermiste paar se liggame na moontlike moorde
Polisie soek na vermiste paar se liggame na moontlike moorde fotokrediet: Canva

Lees ook: Polisieman in hegtenis vir ‘moord’ op vermiste paar

AUSTRALIЁ. – Die polisie in Australië is op soek na die liggame van ’n TV-persoonlikheid en sy kêrel na hulle vermoedelik verlede week vermoor is. Hulle deursoek ’n verlate eiendom naby Sydney.

Die polisie beweer Jesse Baird en Luke Davies is verlede Maandag deur Baird se voormalige kêrel vermoor. Konst. Beaumont Lamarre-Condon het hom aan die polisie oorhandig na die paar verdwyn het. Hy is op twee aanklagtes van moord aangekla.

Die polisie het gesê hulle glo Lamarre-Condon, wat met Baird uitgegaan het, het die twee mans vermoor en hulle liggame op ‘n eiendom gaan los.

Lamarre-Condon het glo verlede Woensdag ‘n hoekslyper en gewigte gekoop voor hy na die eiendom is.

Bronne: BBC, ABC, Yahoo

Lees ook: Polisieman in hegtenis vir ‘moord’ op vermiste paar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief