Lees ook: Polisie neem 12 verdagtes in hegtenis op Kleinsee
DIRKIESDORP. – ’n Tiener (19) is Maandag by ’n taverne in Dirkiesdorp doodgesteek. Hy het steekwonde aan sy bolyf gehad en is op die toneel dood verklaar.
’n Verdagte (21) is in hegtenis geneem vir die moord en sal môre in die Piet Retief-landdroshof verskyn.
Die polisie ondersoek die moord.
Bronne: SAPD





