KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Die gemeenskap van Galeshewe het gister ‘n manlike moordverdagte (33) binne 24 uur nadat hy glo ‘n man (29) doodgesteek het, aangekeer.
Sers. Merapelo Pilane sê lede van die gemeenskap het die verdagte aan Galeshewe-polisiestasie oorhandig.
Na bewering is die verdagte gesien waar hy Woensdag omstreeks 08:30 die oorledene in ‘n woonplek in Bellastraat in gevolg het. Die oorledene is glo ‘n enkele steekwond met ‘n skerp voorwerp toegedien, waarna die verdagte van die toneel gevlug het. Die oorledene is op die toneel dood verklaar en ‘n moordsaak is geregistreer.
Lede van die gemeenskap het hom opgemerk, aangekeer en aan die polisie oorhandig.
Lt.genl. Koliswa Otola het die gemeenskap vir hulle optrede wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het, geprys.





