Lees ook: KZN-LUR herinner mense om higiëne toe te pas tydens pienkooguitbraak
MAGDEBURG, DUITSLAND. – ’n Duitse man (62) het in die laaste 29 maande 217 keer die Covid-inenting gekry sonder enige newe-effekte.
Volgens die joernaal Lancet Infectious Diseases het die man soveel keer die entstof gekry vir “persoonlike redes”. Hy het self die entstof gekoop.
Navorsers van die Erlangen-Nuremberg-universiteit het die man gekontak om toetse op hom uit te voer om te sien hoe sy lyf reageer op al die entstof.
Die span het bevind hy het hoër immuniteit en teenliggame wat hom beskerm teen Covid-19, maar hy het geen newe-effekte gehad nie. Daar was ook geen probleme met sy immuunstelsel nie.
Die navorsers het wel gesê hulle sal nie voorstel mense kry soveel keer die inenting nie, want dit is moontlik steeds gevaarlik.
Bronne: Euronews, Greek Reporter, BBC
Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me





