Boeing-fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis

Lees ook :

Boeing fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis
Boeing fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing dank 737 Max-hoof af na voorval met Alaska Airlines

SUID-KAROLINA, VSA. – ’n Boeing-fluitjieblaser wat verskeie beweerde veiligheidsprobleme aan die lig gebring het, is dood in sy trok buite ’n hotel gevind.

John Barnett (62) was besig om te getuig teen Boeing in ’n naamskendingsaak wat hy teen hulle gebring het. Sy dood is Maandag bevestig, maar die polisie glo hy is Saterdag oorlede. Hy het glo homself geskiet.

Barnett het in 2019 vir Boeing gesê die werkers moet kortpaaie neem. Hy het gesê passasiers op die 787 Dreamliner-vliegtuie kon gelaat word sonder suurstof omdat werknemers aangemoedig is om stukkende komponente te gebruik om vertragings met vervaardiging te verhoed.

Barnett het gesê daar was geen aksie geneem na hy met sy werknemers gepraat het nie. Boeing het die aantygings ontken, maar ’n latere ondersoek het van Barnett se beskuldigings korrek bewys.

Bronne: Euronews, Reuters, NDTV

Lees ook: Boeing dank 737 Max-hoof af na voorval met Alaska Airlines

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief