Lees ook: Nandipha Magudumana glo in tronk aangerand
KROONSTAD. – Nandipha Magudumana is glo die naweek deur ’n toordokter en ’n geestesversteurde vrou aangerand.
Magudumana se prokureur het aan eNCA gesê sy het hom gekontak om te sê sy is die naweek aangerand en sy is in pyn. Hy eis dat sy na ’n ander tronksel geskuif word.
Haar prokureur het gesê sy is voorheen gedreig, maar niks is daaraan gedoen nie. Magudumana en die toordokter het glo probleme ontwikkel oor die singery en gebede deur die ander gevangenes in die sel. Sy het glo Sondag saamgesing en gebid en dis hoekom sy na bewering aangeval is.
Volgens die woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste is nog geen klagtes van Magudumana of haar prokureur oor enige aanrandings ontvang nie.
Magudumana en Bester sal op 5 Junie weer in die hof verskyn.
Bronne: IOL, The Citizen, eNCA





