KYK: Liam Black nuwe verhoognaam van Jo Black se susterskind

Lees ook :

Foto: Lliam Meredith Facebook blad

Jo Black, oftwel Jo Engelbrecht, het saam met Lliam Meredith, sy susterskind, aangekondig Lliam se verhoognaam sal van nou Liam Black wees.

Engelbrecht sê tydens ‘n video-oproep tussen hom en Meredith hy het hom doelbewus nie die laaste drie jaar bemark nie, omdat hy wou hê hy moes op sy eie voete staan en naam maak.

Die trotse oom is van mening sy susterskind het dit wel gedoen en verdien sy sukses.

Die bekendstelling is op 15 Maart gemaak: “Hierdie is ‘n nuwe begin vir my en ek weet met die Here aan my kant en almal se support gaan ek ek die legacy hoog hou @joblack8.”

Liam Black het reeds onder sy nuwe verhoognaam opgetree.

#joblack#liamblack#nuwemusiek#viralafrikaans#afrikaans

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief