Kyk: Man wat gebou uitklim, het inwoners benoud

Lees ook :

DURBAN, KZN. – ’n Video van ’n man wat aan die kant van ’n woonstelgebou in Durban rondklouter, doen tans op sosiale media die rondte.

Volgens SA Trucker is dit onduidelik waarom hy dit doen.

In die video kan gesien word hoe hy ten minste vier verdiepings van die grond is terwyl inwoners hom aanmoedig om af te klim. Die onbekende man is beseer, want hy los bloedspatsels teen die muur so ver as wat hy gaan.

Aan die einde van die video breek hy ’n venster en klim terug in die gebou na veiligheid. Dit is onduidelik wanneer die voorval plaasgevind het.

Bronne: SA Trucker, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief