Israel bekommerd slegs 40 van die 130 gyselaars lewe nog

Lees ook :

Israel bekommerd slegs 40 gyselaars lewe nog uit meer as 130
Israel bekommerd slegs 40 gyselaars lewe nog uit meer as 130 fotokrediet: Canva

Lees ook: VSA beweer Israel het Iran aangeval

ISRAEL. – Israeliese owerhede het gesê hulle is bekommerd dat slegs 40 van die 133 gyselaars wat deur Hamas ontvoer is, nog lewe.

Dit volg na Hamas en Israel verlede week ’n nuwe ooreenkoms oorweeg het om 40 gyselaars in ruil vir gevangenes vry te laat. Die kriteria vir die vrylating van die gyselaars was vrouens, kinders, bejaarde mans en siek mense. Hamas het gesê hulle kan 40 gyselaars vrylaat, maar kan nie waarborg die vrygelates voldoen aan die kriteria nie.

Dit is onbekend hoeveel gyselaars nog lewe na hulle op 7 Oktober deur Hamas ontvoer is.

Israel het verlede week ’n video gedeel waarin een van die gyselaars, Yarden Bibas, geslaan word terwyl hy na Gaza geneem is. Sy vrou en kinders, 10 maande en vier jaar, is ook na Gaza ontvoer. Hamas het gesê sy vrou en kinders is dood na ’n Israeliese aanval, maar Israel het dit ontken.

Bronne: The Sun, NBC News, Reuters

Lees ook: VSA beweer Israel het Iran aangeval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief