TikTok sê VSA se poging om toep te verban tas vrye spraak aan

Lees ook :

TikTok sê VSA se poging om toep te verban tas vrye spraak aan
TikTok sê VSA se poging om toep te verban tas vrye spraak aan fotokrediet: Canva

Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban

VSA. –TikTok het gesê die VSA se poging om die toep te verban, tas mense se reg tot vrye spraak aan. Die VSA wil die toep verban as die eienaar, ByteDance, nie hulle bande met China verbreek nie.

VSA se Huis van Verteenwoordigers het Saterdag ’n wetsontwerp geteken wat kan veroorsaak dat TikTok binne ’n week verban kan word.

As die wetsontwerp ’n wet word, moet ByteDance binne nege maande hulle aandele in TikTok verkoop of die toep sal in die VSA verban word.

TikTok het gesê om die toep te verban, sal die reg tot vrye spraak van 170 miljoen gebruikers in Amerika aantas en ’n ekonomiese verlies veroorsaak.

Die senaat stem die week oor die wetsontwerp . President Biden het reeds gesê hy gaan dit teken as dit op sy tafel kom.

Bronne: Outlook India, Briefly, SABC

Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief