Lees ook: Voormalige All Blacks-speler skuldig en gevonnis vir gesinsgeweld
BLOEMFONTEIN. – Geskiedenis sal in Julie gemaak word wanneer die Springbokke vir die eerste keer teen Portugal in ‘n toetswedstryd in Bloemfontein speel.
Die wedstryd, wat in Julie plaasvind, sal ‘n vroulike skeidsregter hê. Hollie Davidson maak geskiedenis as die eerste vroulike skeidsregter in ‘n wedstryd wat die Springbokke betrek.
Wêreldrugby het vanoggend aangekondig wie die skeidsregters sal wees vir Junie en Julie se internasionale wedstryde.
Chris Busby van Ierland sal die eerste skeidsregter vir die Springbok-Wallis-wedstryd op 22 Junie wees. Angus Gardner en Karl Dickson van Engeland is die skeidsregtes vir die Springbokke se wedstryde teen Ierland in Pretoria en Durban.
AJ Jacobs van Suid-Afrika sal die fluitjie vir die wedstryd tussen Namibië en Portugal blaas.
Bronne: SA Rugby Magazine, OFM, Scottish Rugby
Lees ook: Voormalige All Blacks-speler skuldig en gevonnis vir gesinsgeweld





