Orkas sink seiljag in Spaanse kanaal

Lees ook :

Orkas sink seiljag in Spaanse kanaal. Foto: MITMA

GIBRALTAR, SPANJE. – ’n Seiljag is Sondag in die Gibraltar-kanaal suid van Spanje deur ‘n onbekende aantal orkas gesink.

Daar was twee mense aan boord die 15 m lange Alboran Cognac-seiljag toe hulle skielike stampgeluide teen die boot gevoel het. Kort daarna het water ingesypel.

Reddingswerkers is ontbied, maar ’n nabygeleë olietenkskip het tot hulle redding gekom. Die passasiers is aan die kus afgelaai, waarna die seiljag aanvanklik gedryf, maar later wel gesink het.

Die afgelope vier jaar is soortgelyke gevalle aan die toeneem waar orkas gate in die skepe maak terwyl dit gestamp word.

Kenners is van mening dat die orkas dit nie noodwendig gewelddadig bedoel nie, maar speel.

Geen beserings is aangemeld nie.

Bronne: Sailing Shuttle Butt, Business Insider

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief