GEORGE, WES-KAAP. – Tot 30 November 2024 sal geen lewensredders op strande in die George- munisipale area wees nie.
George-munisipaliteit sê dit sluit Wildernis se hoofstrand, Wildernis-strandmeer, Wildernis Leentjiesklip, Victoriabaaistrand, Gwaing-riviermondstrand en Dagkamp, sowel as Heroldsbaaistrand en getypoel in.
Van 2 April tot einde November sal ook geen lewensredders by die openbare swembaddens van Conville en Uniondale aan diens wees nie.
Die volgende noodnommers kan van hulp wees: NSRI-stasie 23 by Wildernisstrand kan by 082 990 5955 gebel word. Brandweerdienste kan by 044 803 6311 gekontak word. Tolvry kan daar vir rampe na 087 152 9999 gebel word. George-munisipaliteit kan na ure by 044 803 6300 bereik word. Vir navrae of besprekings by Conville-swembad kan 044 801 9488 en by Uniondale-swembad 044 801 9020 of 044 752 1024 gebel word.





