Suid-Afrika vier tans vanaf 17 tot 25 Mei internasionale museumweek.
Dit beteken jy kan gratis toegang tot enige Ditsong-museum kry.
Ditsong-museums sluit die Kruger-museum, die Natuurhistoriese museum, Militêre-museum, die Kultuurhistoriese museum, Pionier-museum, Sammy Marks-museum, Tswaing-meteorietkrater en Willem Prinsloo-landboumuseum in.
Watter museum is jou gunsteling en hoekom?
Besoek www.ditsong.org.za vir meer inligting.