Soektog na oorlewendes in Papoea Nieu-Guinee beëindig

Lees ook :

Soektog na oorlewendes in Papoea Nieu-Guinee eindig, mense waarskynlik dood
Soektog na oorlewendes in Papoea Nieu-Guinee eindig, mense waarskynlik dood fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Kommer oor nog ‘n grondstorting in Papoea Nieu-Guinee

PAPOEA NIEU-GUINEE. – Reddingswerkers in Papoea Nieu-Guinee het die soektog na oorlewendes na die grondstorting opgeskort. Die hoof van die Enga-provinsie se rampkomitee het gesê dit is nou ‘n soektog na die liggame van mense wat lewendig begrawe is.

Minstens 2 000 mense is tydens die grondstorting lewendig begrawe. Tot dusver is net 11 liggame gevind.

Mense word nog ontruim in geval daar nog ‘n grondstorting plaasvind, maar net 700 het gister ingestem om ontruim te word.

Die VN het gewaarsku daar gaan waarskynlik ‘n uitbraak van siektes wees soos die liggame van die mense wat begrawe is, ontbind.

Bronne: Arise TV, ABC News, Aljazeera

Lees ook: Kommer oor nog ‘n grondstorting in Papoea Nieu-Guinee

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief