Drie verdagte ‘huisrowers’ in spore gestuit

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Drie vermeende huisrowers is Woensdagmiddag in Fauna te danke aan die vinnige reaksie van die polisie in hulle spore gestuit.

Sers. Mahlomola Kareli sê die slagoffer (60) se seun (33) was omstreeks 14:30 in die kamer buite die hoofhuis waar hy bly. Drie verdagtes het hom oorval, met ‘n vuurwapen gedreig, vasgebind en van ‘n selfoon beroof. Die verdagtes het na bewering daarna vir die seun se ma gewag om huis toe te kom. Sy is ook met ‘n vuurwapen gedreig en gedwing om die hoofhuis oop te sluit. In die slaapkamer is sy van haar selfoon, geld en sleutels beroof.

Terwyl die huis geplunder is, het die slagoffer se seun daarin geslaag om homself los te maak en het na die bure gevlug waar hy hulp ontbied het. Parkweg-polisie, privaat sekuriteit, Bloemfontein se honde-eenheid, teen-bende-eenheid en berede eenheid het dadelik reageer en een van die verdagtes met die ongelisensieerde vuurwapen in die badkamer in hegtenis geneem. Die ander twee verdagtes, wat te voet gevlug het, is ook in hegtenis geneem. Gesteelde goedere is in hulle besit gevind.

Kareli sê die verdagtes, 31 en 32 jaar oud, van wie een ‘n onwettige immigrant, sal binnekort vir huisroof in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief