Vier sterf toe voertuig op sy dak beland

Lees ook :

Foto's: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Vier insittendes van ‘n motorvoertuig, wat op die R617, by die kruising in Merrivale gery het, is vanoggend dood toe die voertuig op sy dak beland het.

Midlands EMS se Howick-bemanning, asook gevorderde lewensondersteunende paramedici, is net voor 07:00 na ‘n toneel van ‘n enkelvoertuig-ongeluk ontbied.

Op die toneel is gevind die voertuig het die pad verlaat en gerol, waarna dit teen ‘n wal af is en op die dak tot stilstand gekom het. Paramedici is met gespesialiseerde reddingstoerusting teen die wal af tot by die ongelukstoneel. Al die insittendes in die voertuigwrak was vasgekeer. Paramedici en reddingswerkers het toerusting gebruik om die wrak oop te sny om toegang tot die insittendes te verkry. Al vier is egter dood verklaar.

Midlands EMS sê owerhede was op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief