‘Moeë’ buitelander vir beweerde besit van R12 m. onwettige sigarette in hof

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Vragmotorbestuurder (42) het glo naby ‘n padblokkade in die Xhariep-area voorgegee om moeg te wees, waarna onwettige sigarette met ‘n geskatte straatwaarde van R12 m. op die vrag ontdek is.

Sers. Mahlomola Kareli sê die “uitgeslape” vragmotorbestuurder het voorgegee hy wou na ‘n lang pad rus, maar het agter tralies beland. Tydens stop-en-deursoeking van voertuie het ‘n polisielid ‘n wenk oor die vragmotor gekry. Die vragmotor, op pad na die padblokkade, het ‘n vinnige U-draai gemaak en by ‘n vulstasie stilgehou. Die bestuurder het verduidelik hy is van Gauteng na die Oos-Kaap onderweg. Tydens deursoeking is 400 bokse onwettige sigarette onder seile ontdek.

Die verdagte, ook ‘n buitelandse burger, is op aanklag vir die besit van onwetttige sigarette in hegtenis geneem. Daar is op die sigarette en vragmotor beslag gelê.

Die vragmotorbestuurder sou vandag sy eerste verskyning in die Rouxville-landdroshof maak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief