‘Ontvoerde’ dokter gered, verdagte in hegtenis

Lees ook :

‘Ontvoerde’ dokter gered en verdagte in hegtenis
‘Ontvoerde’ dokter gered en verdagte in hegtenis fotokrediet: Canva

Lees ook: Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’

GQEBERHA. – Dr. Bongani Ngini (55), wat glo op 1 Julie by sy praktyk in Gqeberha ontvoer is, is op 4 Julie gered.

Vier gewapende mans het glo op 1 Julie by die dokter se praktyk ingestorm en hom ontvoer. Hy is glo in ’n voertuig ingedwing en met hom weggery. Die verdagtes het na bewering R6 000 en ses selfone by van die wagtende pasiënte gesteel, asook R50 000 uit die dokter se voertuie.

Ngini is ontset na die TRT en Valke inligting ontvang het oor waar hy gehou word. Die voertuig wat in die beweerde ontvoering betrokke was, is gevind en die bestuurder is in hegtenis geneem. Die bestuurder (42) sal Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPD

Lees ook: Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief