Lees ook: ‘Ontvoerde’ dokter gered, verdagte in hegtenis
DENNILTON, LIMPOPO. – Die polisie is op soek na twee onbekende manlike verdagtes na ’n skietery by die huis van ’n wyksraadslid in Dennilton.
Twee onbekende gewapende mans het die wyksraadslid ingewag toe hy by die huis kom. Die wyksraadslid het een van die verdagtes as ’n skild gebruik om te vermy dat die tweede verdagte hom skiet. In die struweling kon hy vlug, maar het besef hy is raak geskiet. Nog ‘n persoon wat in die huis was, is ook geskiet.
Die verdagtes het gevlug. Dit is onbekend wat die rede vir die aanval was.
Bronne: SAPD





