WES-KAAP. – Premier Alan Winde van die Wes-Kaap sê in ‘n video-opname van eNCA hier bo die provinsie is tot rampgebied verklaar.
Winde sê ongeveer 100 000 mense en meer as 33 000 strukture is deur die gure weer in die Wes-Kaap geraak. Die meeste van die strukture is in informele nedersettings.
Mense wat geraak is, moes noodgedwonge elders plek soek om te bly.
Met die neem van die video was 73 paaie onbegaanbaar. Winde sê polisiebote en -helikopters is ingespan om kos by mense te kry.





