Lees ook: Kommer oor getalle van a-pokke wat wêreldwyd styg
LIMPOPO. – Volgens die gesondheidsowerhede in Limpopo is daar geen laboratorium-bevestigde gevalle van a-pokke in die provinsie nie.
Dit volg na berigte oor ‘n bevestigde gevolg van a-pokke in Ba-Phalaborwa.
Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê daar is geen gevalle van a-pokke in Ba-Phalaborwa of die provinsie nie.
Hy het gesê die media en publiek moenie onnodige paniek veroorsaak deur disinformasie te versprei nie.
Bronne: IOL, Capricorn FM, Limpopo Chronicle





