Lees ook: Franse atlete mag nie in hijab deelneem by Spele
FRANKRYK. – ‘n Russiese man (40) is in hegtenis geneem en aangekla oor ‘n “komplot” om “destabilisering” tydens die Olimpiese Spele te veroorsaak.
Die man is gister aangekla van “inligting deel met ‘n buitelandse mag om probleme in Frankryk tydens die Spele te veroorsaak”.
Volgens die plaaslike nuusmaatskappy, Le Parisien, was dit ‘n politieke komplot wat beplan is en nie ‘n terroriste-aanval nie. Hy wou glo pro-Russiese operasies uitvoer om Frankryk te “destabiliseer”.
Bronne: The Independent, BBC, CNN





